
'n Eenvoudige digitale produk kan ekstra inkomste vir jou verdien, maar waar en hoe begin jy?
Kom leer saam my hoe om jou eie digitale produk te skep met Canva, 'n gratis, gebruikersvriendelike program waarmee jy enige digitale produk in 'n japtrap kan omskep.
Hierdie klas is in Afrikaans vir Afrikaans sprekendes. Want niks is so lekker op die tong soos jou eie taal nie.

Hoe om Canva te gebruik
Hoe om jou kennis in ’n produk te verander
Hoe om jou eerste digitale produk te skep
Hoe om dit te stoor en gereed te maak vir verkoop

My Ouma was vreeslik lief vir 'n reseppie. sy het dit soos 'n storieboek gelees - vinger op die bladsy en mond wat die woorde vorm sonder dat daar 'n klankie uitgekom het.
Dit was nog altyd 'n droom van my om haar handgeskrewe resepte om te skakel in 'n resepteboek ter nagedagte aan haar, maar die sagteware waarmee ek al meer as dertig haar werk, vas ingewikkeld en tydrowend om te gebruik.
Nou is daar Canva en met die hoeveelheid resepte wat sy vir my agtergelaat het, kan ek vir jare lang net resepteboeke ontwerp!
Kom kyk hoe ek 'n basiese Canva template omskep in 'n digitale produk wat aanlyn verkoop kan word om 'n nuwe inkomstestroom te genereer.
Ons kuier saam met 'n koppie koffie op Maandag 23 Maart 2026 om 18:00
Hierdie het 'n gewoonte geword by familie, vriende en kollegas en vandaar die bynaam.
Ek is reeds 'n solopreneur van 2011 af en ek verstaan die waarde wat tegnologie aan jou besigheid kan bring, maar meeste mense word geindimideer daardeur. Dit is slegs omdat hulle nog nie weet hoe om die regte gereedskap te gebruik nie.
Im my aanlyn klasse wys ek vir jou stap vir stap hoe om die regte knoppies te druk om 'n meesturstuk te ontwerp, sonder dat jy tersiêre opleiding nodig het.
Bring jou koppie koffie en kom kuier saam terwyl jy leer hoe om die gedoente te bemeester.
Om te registreer, voltooi asb die onderstaande vorm en ek stuur vir jou die link.

ALLE REGTE VOORBEHOU.
***VRYWARING: HIERDIE PROGRAMME SOOS SOSIALE MEDIA-VOORWAARDES WORD NIE GEBORG NIE,
Verdienste- en inkomstevoorstellings wat deur hierdie webwerf, sy programme en enige geassosieerde produkte of dienste gemaak word, is slegs aspirasieverklarings rakende potensiële verdienste. Suksesverhale en getuigskrifte wat gedeel word, is uitsonderlike, nie-tipiese resultate en is nie bedoel om te waarborg dat u of ander dieselfde uitkomste sal behaal nie. Individuele resultate sal wissel en geheel en al afhang van u individuele kapasiteit, werksetiek, sakevaardighede, ervaring, vlak van motivering, ywer in die toepassing van die strategieë, die ekonomie, normale en onvoorsiene risiko's van sake doen, en ander faktore.
Hierdie webwerf en sy geassosieerde programme is nie verantwoordelik vir u optrede nie. U is alleen verantwoordelik vir u eie besluite en uitkomste, en die evaluering en gebruik van ons produkte en dienste moet gebaseer wees op u eie omsigtigheid. Deur ons dienste te gebruik, stem u in dat ons nie aanspreeklik is vir u resultate nie. Verwys asseblief na ons Terme en Voorwaardes vir ons volledige vrywaring van aanspreeklikheid en bykomende beperkings.
TERME EN VOORWAARDES | PRIVAATHEIDSBELEID | VERDIENSTE-VRYWARING
Subscribe here for free
We HATE spam. Your email address is 100% secure